Werda bied uitstekende en bekostigbare onderwys
volgens Christelike beginsels aan almal wat in
AFRIKAANS onderrig wil word.
Leerders van 18 MAANDE tot GRAAD 12
Word op een terrein geakkommodeer,
met afsonderlike fasiliteite vir die verskillende
skoolfases. Ouers hoef dus nie kinders na
verskillende skole te vervoer nie.
Die skool is sentraal geleë in die
veilige omgewing van Queensburgh/Hillary en
is maklik bereikbaar deur busvervoer.