Werda Skoollied

 

Waar dit heel jaar somer is,
Waar die hemel blou oor die heuwels vou
En die grond sy vrugte gee.
Het verrys n skool, n vesting sterk,
Waar gebou word aan n gees.
Om eerlik, wys en trou te wees,
Blymoedig in ons werk.
Op die sportveld klink ons strydkreet,
Deur die skoolsaal ruis ons lied.
En die kennis hier versamel,
Maak vir ons die toekoms oop.
O, Werda trou aan jou
Stap ons saam die lewe in
En altyd sal ons dit onthou;
Dat lig, Sy lig oorwin.

Woorde : Dr. Bets Bosman
Komponis : Mnr. Ferdi van der Ahee